Ek wil julle almal weereens hartlik bedank vir wat julle die afgelope jaar vir Jean-Pierre gedoen en beteken het. Ons kan werklik sien dat hy as 'n jong man gegroei en meer versekerd en verantwoordelik geword het.
Hy is nou gefokus op sy studies volgende jaar en is meer selfversekerd en verantwoordelik. Baie dankie vir julle wysheid, geduld, onderrig en vriendskap gedurende die jaar. Ons sal verseker AEL aanbeveel en ons wens julle alle sterkte toe vir die toekoms.